Tienie Fourie Verwe is gestig in 1972 en lewer van die begin topgehalte
kwaliteit werk regoor Pretoria en omliggende gebiede. Sedert die negentiger
jare, het hierdie maatskappy van ‘n eenmansaak gegroei na ‘n dinamiese
pa-en-seun maatskappy. Met derduisende verwysings agter die blad, en kiloliters
se verf, staan Tienie Fourie Verwe bekend as die verf maatskappy wat niks
minder as die beste lewer nie.
Ons bied gepersonaliseerde dienste wat aangepas word vir die individuele
behoeftes van elke kliënt. Met amper 50 jaar se ervaring in die industrie, spesialiseer
ons in verskeie afdelings. Dit sluit in onder andere konsultasies ten opsigte
van kleure en verf, verf van binne- en buitenshuise, asook die verf en
waterdigting van dakke. Elke projek word begin en voltooi onder volle toesig om
hoogstaande kwaliteit te verseker.
Ons is ten volle toegewy aan vakmanskap van gehalte, integriteit in die
sakewêreld en die verskaffing van die hoogste vlak van klant-tevredenheid. Elke
een in ons verskeie spanne beskik oor die nodige kennis, vaardighede en
ervaring om jou projek so suksesvol en spoedig moontlik af te handel. Ons
maatskappy is gegrond op vertroue, voldoende kennis van die bedryf, talent en
passie vir wat ons doen.
Elke kliënt by Tienie Fourie Verwe is belangrik, en geniet hoë prioriteit.
Ons bestaan suksesvol sedert 1972 omdat ons weet wat dit beteken om daardie
bietjie verder te loop vir ons kliënte.